Modulekode | SCL 801 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Module-inhoud | Hierdie module sal studente 'n gedetailleerde kennis en begrip van die onderliggende beleid en diverse bepalings van die Wet op Mededinging 89 van 1998 (soos gewysig) gee sowel as praktiese leiding verskaf ten aansien van die toepassing daarvan. Die volgende aspekte sal binne die konteks van vergelykende mededingingsreg behandel word: (a) Inleiding tot mededingingsbeleid, jurisdiksie en die strukture van mededingingsowerhede (b) Ekonomiese aspekte van mededingingsreg (c) Relevante aspekte van markte en markkrag (d) Horisontale ooreenkomste en beperkende horisontale praktyke (e) Vertikale ooreenkomste en beperkende vertikale praktyke (f) Misbruik van dominansie (g) Die Wet op Mededinging en prysvasstelling (h) Aansoeke om vrystelling (i) Assessering van samesmeltings (j) Regulering van samesmeltings: regs- en prosedurele aspekte |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Handelsreg |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App